Skokvideo-polisieman beboet oor aanranding

ʼn Vrystaatse polisiebeampte is met R10 000 of ses maande tronkstraf beboet nadat hy op kringtelevisie vasgelê is terwyl hy ʼn vrou slaan en skop.

Moses Dlamini, woordvoerder van die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod), sê ao. Ernest Maratshane het skuldig gepleit op twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy is in die Smithfield-landdroshof gevonnis. Die ses maande tronkstraf is vir vyf jaar opgeskort. Maratshane is aangekla nadat kringtelevisiebeeldmateriaal, wat deur die eNCA-televisiekanaal uitgesaai is, wys hoe hy ‘n vrou só hard by ‘n vulstasie slaan dat sy op die vloer val. Die aanranding van die vrou is op 5 April net ná 21:00 verfilm by ʼn vulstasie in Smithfield. Twee beamptes in uniform is ook op die toneel, en hulle wend ‘n flou poging aan om hul kollega te keer, en wend geen poging aan om die vrou in enige stadium te help nie. Maratshane slaan die vrou weer, jaag haar en skop haar. Terwyl die vrou op die grond lê, trap Maratshane op haar kop. Die twee beamptes in uniform laat die man toe om die toneel te verlaat sonder om hom in hegtenis te neem. Dlamini sê Maratshane is intussen ook uit die polisie geskors.

Waarskuwing: Die beeldmateriaal kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannetjie Kruger ·

Skokkend om te dink dat SA se Polisie wat na almal se veiligheid moet omsien,n vrou so kan aanrand, waarom kon die ander 2 polisiemanne hom nie boei nie.Hulle moet ook hulle werk verloor gee dit vir iemand wat die publiek kan beskerm.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.