Skokvideo: Vyf vas ná ouma se aanranding

Twee van die vyf mense wat van die aanranding op ‘n vrou aangekla word en die voorval afgeneem het, is Dinsdag op borgtog in die Nebo-landdroshof vrygelaat.

Matthew Makofane, Maria Mahlaela, Gladys Maphanga, Refilwe Mzimba en Thabang Makuwa het Maandag in die landdroshof verskyn,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie in Limpopo, gesê. Die groep, wat almal by ‘n klerewinkel in Jane Furse werk, het glo die 49-jarige Ester Mankge aangerand nadat hulle van diefstal van ‘n pakkie onderklere aangekla het.

Makofane en Mahlaela is elk op borg van R500 elk vrygelaat. Maphanga, Mzimba en Makuwa sal in aanhouding bly weens vorige bewerings van aanranding teen hulle. “Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat drie van die werknemers ‘n soortgelyke misdaad met jong kinders gepleeg het,” het Mulaudzi bygevoeg. “Die werknemers het kinders glo verlede jaar met sambokke geslaan nadat hulle glo van die winkel gesteel het. Ná ‘n wenk het ons ‘n video opgespoor van ‘n vrou wat met ‘n rubberhamer geslaan word. Ons het die slagoffer opgespoor en ‘n saak teen die vyf werknemers oopgemaak.”

Die twee mans in die groep het die vrou glo met verskeie voorwerpe geslaan terwyl hulle dit afgeneem het. Die Daily Sun het die video Maandag op hul YouTube-kanaal gelaai. “Die voorval het in Oktober 2012 plaasgevind, maar die vrou het nooit ‘n saak aanhangig gemaak totdat iemand die polisie oor die voorval ingelig het nie.” ‘n Saak is op 8 April geopen. Al vyf persone is verlede week in hegtenis geneem.

Die groep sal na verwagting weer op 22 April in die landdroshof in Nebo verskyn op aanklag van aanranding met die doel om ernstige leed aan te rig.

Klik hier om die video te sien. Waarskuwing: Die materiaal is grafies van aard en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.