Skokvideo wys hoe man gestenig word

Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek selfoonbeeldmateriaal wat wys hoe ʼn man erg aangerand en met klippe doodgegooi word.

Kapt. Stanley Jarvis, woordvoerder van die polisie, sê dit is nog nie duidelik waar of wanneer die voorval plaasgevind het nie. “Die beeldmateriaal word tans nagegaan om vas te stel waar dit gebeur het en wie die individue was wat by die voorval betrokke was sodat ons kan vasstel of die voorval al aangemeld is.” Jarvis sê egter die video hou nie verband met die afgelope week se betogings in Port Elizabeth of die moord op ʼn Somaliese burger Donderdag nie. eNews Channel Africa (eNCA) het Vrydag die beeldmateriaal uitgesaai. Dit wys hoe ʼn man kaal in die pad lê. Dit lyk of hy reeds erg aangerand is. ʼn Man tel dan ʼn stuk sementblok op en gooi dit op die man terwyl ʼn groot skare toekyk. ʼn Seun in skooluniform spring dan op die man wat in die pad lê terwyl nog ʼn jong man hom met klippe gooi. Dit is nog nie duidelik of die man op die toneel dood is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.