Skole sukkel steeds met handboekprobleme

Die DA het vandag erg kapsie gemaak omdat sekere skole vyf maande vandat die skooljaar geopen het, steeds nie handboeke ontvang het nie as gevolg van probleme in die provinsiale onderwysdepartement.

Annette Lovemore, DA-LP, het Sondag gesê sy gaan Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, in die parlement hieroor aanvat.

“Minister Motshekga moet volle verantwoordelikheid vat om te verseker dat onderwysers en leerlinge ten volle met die nodige hulpbronne toegerus word.”

Drie gebiede in die Vrystaat het geen handboeke ontvang nie, terwyl verskeie skole in Limpopo die verkeerde handboeke ontvang het.

Lovemore het gesê finansiële- en administratieweprobleme in die provinsiale departemente is vir die probleme te blameer.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.