Die onderwysdepartement wil ʼn skolier, wat glo sy onderwyseres met die vuis geslaan het, skors.
“Dit is ʼn ernstige oortreding. Ons het die skoolbeheerliggaam versoek om die skolier as ʼn voorsorgmaatreël te skors,” het Charles Phahlane, woordvoerder van die departement van onderwys in Gauteng, gesê.
Die Sowetan berig dat die graad 9 en 10-onderwyseres, Ngcebo Lubisi, verlede week bewusteloos geslaan is. Lubisi het glo die vermeende aanvaller se selfoon tydens eksamen konfiskeer. Die 18-jarige skolier het toe gevlug en oor die heining by Dan Kutumela Sekondêre Skool in Zithobeni naby Bronkhorstspruit gespring.
Lubisi (27) is na ʼn dokter en ʼn oogspesialis gehaas. Sy het tydens ʼn vergadering aan die skoolowerhede gesê dat sy na ʼn ander skool verplaas wil word.
Kaptein Pinky Tsiyane, woordvoerder van die polisie in Gauteng, het bevestig dat die polisie ʼn saak van algemene aanranding ondersoek.
Van wanneer is daar wit kinders in daardie skool?