Skoliere geskors oor seks-video in klas

Drie leerlinge is uit ʼn hoërskool in Kaapstad geskors nadat hulle ʼn seks-video in ʼn klaskamer gemaak het.

Die Daily Voice het Woensdag berig die video, wat deur leerlinge van die Kaapse Vlakte gemaak is, is op selfone rondgestuur. Dit is meer as ʼn minuut lank en wys hoe ʼn seun en ʼn meisie gemeenskap op ʼn stoel het, terwyl ʼn derde leerling die daad afneem. Albei leerlinge is in skooluniform. Die seun sit en lag vir die kamera terwyl hy glo bende-verwante handtekens maak. Aan die einde van die video kyk die meisie op, vind uit hulle word verfilm en steek dan haar kop in skaamte weg.

Die koerant het die video aan die Wes-Kaapse departement van onderwys gestuur, waarna die departement reageer het met die inligting dat die leerlinge geïdentifiseer en geskors is. “Ons kan bevestig dat die voorval verlede jaar op die skoolgronde plaasgevind het. Die betrokke leerlinge was toe in graad 11,” het die departement gesê. “Nadat dit onder die skool se aandag gebring is, is ʼn dissiplinêre verhoor gehou en die leerlinge is op grond daarvan geskors.”

Die skool se naam word nie genoem nie om die leerlinge se identiteit te beskerm.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.