“Skoliere moet eerder saam betoog” – Cosatu

Cosatu en die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie (Sadou) het glo hoërskoolleerlinge versoek om nie Woensdag skool by te woon nie en aan hul landswye betogings deel te neem.

“Ons voel dat almal een dan moet opoffer om lig te werp oor onbevoegdheid in hul skole,” het Tony Ehrenreich, die Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, aan die Cape Times gesê.

Cosatu en Sadou gaan Woensdag onder andere in Kaapstad en Pretoria teen die departement van basiese onderwys betoog. Daar gaan na verwagting 25 000 mense aan die onderskeie optogte deelneem. Volgens die berig word leerlinge van graad 10 tot 12 glo versoek om uit die skole te bly en saam te betoog.

Die betoging hou verband met die verhoging van tariewe vir nasieners en eise dat Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, bedank.

Die departement van onderwys het onderwysers gewaarsku dat daar tugstappe sal wees indien hulle aan die optog deelneem.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.