Skool moet Griekwastad-moordverdagte terugvat, maan voog

Die 16-jarige seun wat van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad verdink word, se voog probeer die skool dwing om die tiener terug te neem.

Die voog het ‘n aansoek by die Vrystaatse hooggeregshof ingedien waarin hy aanvoer dat die seun se grondwetlike reg op onderrig in ‘n openbare skool geskend word deur die stappe wat die skool gedoen het, berig Beeld. “Die eindeksamen begin eersdaags en hy moet die geleentheid kry om behoorlik voor te berei. Hoe langer hy sy skoolbywoning ontneem word, hoe groter word die benadeling,” het die voog gesê.

Die aansoek is deur regter Corné van Zyl uitgestel sodat die skool en sy beheerraad ook hofstukke kan berei.

Phaladi Shuping, direkteur van openbare vervolging, meen landdros Oswald Mazwi het misgetas toe hy die seun verlede Maandag in die landdros in Griekwastad op borgtog van R5 000 vrygelaat het. Shuping het vandeesweek hofstukke ingedien om teen die seun se vrylating op borg te appelleer.

Deon (44), Christel (43), en Marthella Steenkamp (14) is op Goeie Vrydag op hul plaas Naauwhoek naby Griekwastad doodgeskiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.