Skool ondersoek oor die k-woord, Malema en ou vlag

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) gaan ondersoek instel na bewerings van rassisme by ʼn skool in die Vrystaat.

“Daar was klagtes dat van die kinders in die skool k*****s genoem is,” het Isaac Mangena, woordvoerder van die MRK, gesê. Volgens Mangena is die ou Suid-Afrikaanse vlag en ʼn foto van Julius Malema, voormalige ANC-jeugligaleier, langs ʼn foto van ʼn aap glo teen een van die klaskamers se mure vasgesit. Die MRK het ʼn inspeksie by die Wilgehof Primêre Skool in Bloemfontein gedoen na ʼn ouer van een van die leerders ʼn klag aanhangig gemaak het. Mangena sê die MRK sal saam met die departement van onderwys die saak ondersoek. Hy sê hulle sal onder meer onderhoude met die skoolhoof en onderwysers doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Martie van graan ·

Pkleks en leer die kinders reg, maar hulle hardloop met alles hof toe. Is daar nog howe oor en wat beskikbaar is vir ander sake, as jy lees dan vat iemand hof toe. Hierdie land is korup, vandag se dae sal ek se kinders moet gaan leer vir landdroste. daar gaan baie nodig wees.

nettie ·

ALMAL NOEM ALMAL NAME. LEER DIE KINDERS EN HOU OP VIR ELKE KLEIN DINGETJIE HOF TOE HARDLOOP. GEE EERDER DIE JEUG VAN VANDAG `N SKOOLGELEERDHEID EN HOU OP OM MEKAAR SLEG TE SE.

Gemsbok ·

Hou op om in hoofletters te skryf.

Hierdie is nie ‘n aansoek vir ‘n ID dokument nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.