Skooldae word moontlik ‘n uur langer

Skooldae sal moontlik vanaf volgende jaar met tot ‘n uur verleng moet word met die toevoeging van ‘n verpligte derde Afrika-taal tot die kurrikulum.

Angie Motshekga, die minister van basiese onderwys, het onlangs aangekondig dat Afrika-tale as onderrigtaal vanaf volgende jaar vir alle leerders tussen graad 3 en 12 verpligtend sal wees.

Paul Colditz, die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het aan OFM gesê daar sal ‘n tekort wees aan onderwysers wanneer die derdetaal-beleid volgende jaar by 15 000 skole in die land geïmplementeer word.

Klik hier om na ʼn klankgreep van Colditz se onderhoud met OFM te luister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kobus ·

ek dink dis ‘n baie goeie idee. ek wens self ek kon vandag ‘n swart taal geken het. dit kan verseker handig wees.

Kaspaas ·

Hulle gaan nou aanhou om ons te forseer om af te kom na hulle vlak toe. Pleks hulle liewers iets doen om die meerderheid op te bring na die witmense se vlak, sienende dat regstellende aksie dit nie kon doen nie.

Stoere Boer ·

Wonder of shack bou een van die hoofvakke gaan bou met Toi Toi as addisionele vak. O ja as hulle korrupsie insluit moet hulle dalk nog ‘n uur bysit. Plaas dat die goed liewers konsentreer om ons onderwys te verbeter nou verleng hulle die ure. Ag amper vergeet ek nou sal sekere onderwysers eers moeg wees van niksdoen. Dit sal dalk ‘n vyfde vakansie noodsaak.

Ellistwins ·

Ek het onlangs deur n paar CV’s gewerk en alle swartes het vak op skool: Criminology. I rest my case

Manie Jooste ·

Ons problem in SA is Wiskunde en Wetenskap – nie tale nie. Ten minste sal ‘n kind nou in drie tale kan hoor dat hy nie werk gaan kry nie.

Elaine Steyn ·

Ek dink dit is absoluut belaglik! Die kinders het reeds nie ‘n lewe nie,dis heeldag net skool,skool en nogmaals skool! Wanneer moet hulle dan kind wees?

magda ·

Kinders kan nie meer kinders wees nie hulle moet nou net leer kan nie eers meer speel nie! My kind is Gr 1 en he’ll weet al die werk wat hulle moet doen en al die werk ai tog die arm kinder het blanke kinders ooit n toekom!

Berita Drescher ·

Ek sou liewer sorg dat die kinders handboeke op tyd verskaf word en waar nodig vervoer vir die wat ver van die skool bly en nie die finansies daaroor beskik nie as om nou n derde taal verpligtend te maak teen n koste wat die Staat tog nie oor beskik nie en nog minder die spesifieke onderwysers wat dit moet aanbied. Alles net om aandag af te trek van ander korrupsie wat hul probeer wegsteek en die wat die publiek van weet uit te rek en hoop ons vergeet daarvan.

WIlma ·

DIe kinders kry net skool!!!!!!!!!!!!! klein pouse en as siek is kry 0 punte!

H Mulder ·

Dis alles goed en wel in ons dae, laat 80s & vroee 90s het ons ook op skool ñ derde taal geleer, ñ afrika taal. Maar om skool ure te verleng, die kinders is uitgebrand. Hul sit al klaar tot wie weet watter tyd in die nag met huiswerk en take. Kry nie genoeg slaap nie. Waar moet die sport inpas en wanneer moet hul sosiaal verkeer. Want dis alles nodig om hul te vorm en vir balans.

hanna ·

Ek dink dis ‘n goeie ding om dit as 3de taal te kry, ek stem egter saam dat die kinders wel vreeslik oorlaai is met huiswerk en skool. Hulle gaan heeldag skool, dan sport en aktw. Kom by d huis en sit res vd midd met huiswerk soms tot in d aand. Ek voel dus onregverdig.

Mignon Crouse ·

Baie goeie ding, ons het Noord Sotho in die Ou-Transvaal as verpligte vak gehad van standard 2 tot standard 7 en niemand is dood daaraan of eet nou pap met hule hande nie.

Connie Kotzé ·

Dit het ook nie gehelp dat die arme onderwyser wat die vak aangebied het, nie die taal kon praat nie!

Jeanette Byrne ·

Wat is die nut daarvan om ‘n derde taal in te bring? Ons het deur Noord Suthu geworstel van St 2 tot St 7 en alhoewel ek altyd vol punte gekry agv oefen op die plaas oefen en by my Oupa leer maar vandag kan ek dit steeds nie vlot praat nie en nog minder regtig verstaan. Nou sit ek oorsee en dis van nog minder nut hier. Ek sou eerder ‘n Europese taal onder die belt wou gehad het en so sal sekerlik ‘n groot persentasie kinders wat in elk geval die land moet verlaat om werk te kry. Ons het dieselfde probleem in Ierland met die Gaelic wat verpligtent in alle skole is maar net ‘n klein persentasie Iere kan die taal praat of verstaan na hulle 12 jaar van dit op skoolvlak deurgebring het. Dis ‘n mors van tyd want die taal word ook nêrens anders in die wêreld gepraat nie behalwe op een ou klein eilandtjie……

Hester ·

Ek dink dit moet eerder op sekondere skool n keuse wees, dan sal elke skool weet of n onderwyser nodig is of nie. Of is dit weer n manier van “werkskepping” vir onderwysers sonder papiere

LaNiE ·

Moet asb nie jou onkunde so duidelik wys nie Stoere Boer! Kom staan self voor ‘n klas en skool hou voor jy sulke blatante snert kwyt raak. Dis mense soos jy wat veroorsaak dat die land en sy jeug in die toestand is wat dit is. Jou kinders leer by jou !!!!!!! Respek word tuis geleer. Ook teenoor onderwysers en ander mense. Waar sou jy vandag gewees het as daar nie onderwysers was wat jou met liefde onderrig het nie ?

Nico Kruger ·

Ek is verbaas oor Jeanette Byrne se kommentaar oor die nutteloosheid om Gaelic te leer want dit word net op 1 klein eilandjie gepraat. ‘n Baie swak argument vir ‘n Afrikaner. Dis presies wat die Engelse ‘n 100 jaar terug oor Afrikaans gesê het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.