Skooldogters gedwing om sout te eet

Vier skooldogters is met vuurwapens gedreig om tydens ‘n huisroof in Elliotdale in die Oos-Kaap sout te eet.

“Drie gewapende mans het die huis Maandagaand net voor middernag betree,” het maj. Zamukulungisa Jozana, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. “Hulle het die slaapkamerdeur, waar die dogters geslaap het, afgebreek. Hulle wou weet of die eienaar van die huis ‘n vuurwapen besit.”

Volgens Jozana het die mans die dogters hierna beveel om hul klere uit te trek, elk twee lepels sout te eet en hulself met komberse te bedek.

Jozana sê die polisie vermoed die mans was onder die invloed van dwelmmiddels. “Die mans is weg met R171 en vier selfone voordat hulle gevlug het,” het hy bygevoeg. ‘n Saak van huisroof is deur Kwaaiman-polisie oopgemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.