Skoolhoof gepos oor ‘porno-sindikaat’

‘n Skoolhoof van ʼn hoëprofiel privaatskool in Mpumalanga is afgedank nadat hy in hegtenis geneem is in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat.

Die hoof, wat se naam nie bekend gemaak kan word voor hy gepleit het nie, het Woensdag in die Witrivier-landdroshof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die beheerliggaam van die skool sê hulle beskou die bewerings teen die hoof in ʼn baie ernstige lig terwyl hulle steeds sy konstitusionele reg dat hy onskuldig is tot hy skuldig bewys is, respekteer. Die beskuldigde, ook ʼn bekroonde skrywer, is die afgelope drie jaar hoof by die laerskool. Die beheerliggaam het hom beskryf as ʼn man wat “gekenmerk word deur sy buitengewone professionaliteit” en wat die respek van sy kollegas, ouers en leerlinge geniet. Hy is saam met vyf ander mans in hegtenis geneem insluitend twee onderwysers, ʼn prokureur, ʼn dermatoloog en ʼn sakeman. Die polisie het die afgelope naweek klopjagte by verskeie huise in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat uitgevoer.Die polisie het 15 eiendomme deursoek en op 672 DVD’s, 22 geheuestokkies, agt skootrekenaars, 39 hardeskywe en 25 boeke beslag gelê. Die polisie het saam met Interpol gewerk en die sindikaat is glo doenig in Kanada, Engeland, Amerika, Wes-Europa en Australasië. Volgens berigte is kinders so jonk as vyf jaar oud gebruik om self en met volwassenes seksuele dade te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Christa Kapp

Hoekom word sulke ‘goed’, want mens is hy beslis nie, se fotos nie gewys nie. Hoekom nou wil skaam wees oor dit wat die hy/sy gedoen het.

Nog 'n Stoere Boer

@ Christa: Oppas vir te vinnig veroordeel. Dalk sou jou opmerking meer gepas wees na afhandeling van die hofsaak en die hof se bevinding bekend is.

Waarom nie sy naam/foto nie: Nommer 1: Nog nie formeel aanekla. Nommer 2: En skielik is hy skuldig nog voor die saak begin het.

A de Lange

Ek is tot in my wese geskok. Dit is nie asof mens nie weet die walglikhede is aan die gebeur nie, maar dat sulke en soveel ‘vooraanstaande en betroubare’ mense betrokke is, is amper te veel om te verwerk. As ma en gemeenskapsleier pleit ek – plaas hulle name en fotos in die media. Suid Afrikaanse regstelsel MOET nou ongenaakbaar teen sulke banale sosiale siektes begin optree. – En ja, ons voel jammer vir hulle families, ongelukkig vergoed dit nie vir ‘n klein kindjie se verwoeste lewe nie. Die besluit was deur die HOOF van hulle gesinne/families geneem. Waar is… Lees meer »

Peter Vonk

Skuim van die aarde.

Erich Goosen

As die bewerings waar is moet die betrokkenes met die volle mag van die reg geslaan word. Hierdie soort van optrede is uiters laakbaar.