Skoolhoof gepos oor ‘porno-sindikaat’

‘n Skoolhoof van ʼn hoëprofiel privaatskool in Mpumalanga is afgedank nadat hy in hegtenis geneem is in verband met ʼn internasionale kinderpornografie-sindikaat.

Die hoof, wat se naam nie bekend gemaak kan word voor hy gepleit het nie, het Woensdag in die Witrivier-landdroshof verskyn en is op borgtog van R1 000 vrygelaat. Die beheerliggaam van die skool sê hulle beskou die bewerings teen die hoof in ʼn baie ernstige lig terwyl hulle steeds sy konstitusionele reg dat hy onskuldig is tot hy skuldig bewys is, respekteer. Die beskuldigde, ook ʼn bekroonde skrywer, is die afgelope drie jaar hoof by die laerskool. Die beheerliggaam het hom beskryf as ʼn man wat “gekenmerk word deur sy buitengewone professionaliteit” en wat die respek van sy kollegas, ouers en leerlinge geniet. Hy is saam met vyf ander mans in hegtenis geneem insluitend twee onderwysers, ʼn prokureur, ʼn dermatoloog en ʼn sakeman. Die polisie het die afgelope naweek klopjagte by verskeie huise in KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat uitgevoer.Die polisie het 15 eiendomme deursoek en op 672 DVD’s, 22 geheuestokkies, agt skootrekenaars, 39 hardeskywe en 25 boeke beslag gelê. Die polisie het saam met Interpol gewerk en die sindikaat is glo doenig in Kanada, Engeland, Amerika, Wes-Europa en Australasië. Volgens berigte is kinders so jonk as vyf jaar oud gebruik om self en met volwassenes seksuele dade te pleeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christa Kapp ·

Hoekom word sulke ‘goed’, want mens is hy beslis nie, se fotos nie gewys nie. Hoekom nou wil skaam wees oor dit wat die hy/sy gedoen het.

Nog 'n Stoere Boer ·

@ Christa: Oppas vir te vinnig veroordeel. Dalk sou jou opmerking meer gepas wees na afhandeling van die hofsaak en die hof se bevinding bekend is.

Waarom nie sy naam/foto nie: Nommer 1: Nog nie formeel aanekla. Nommer 2: En skielik is hy skuldig nog voor die saak begin het.

Eben ·

As hy so onskuldig was, sou die skool nie hom dadelik geskors het … inteendeel hy is afgedank!! Moenie vir ons sê jy kom op vir hom?

Christa Kapp …. stem saam jou GEMORS!! Dis daardie gemors wat laat in die kerk ingeloop kom, om voor te sit!

Nog 'n Stoere Boer ·

@ Eben: Ek ondersteun nie skuim nie. Dalk is daar meer agter die storie. Indien hy wel skuldig is, moet die volle geweld van die regbank hom tref. Ek het net ‘n probleem met die tendens dat ons deesdae voor die voet veroordeel – voordat daar enige getuienis ens is. Hierdie saak word nog ondersoek. Sover dit my lekekennis betref, verstaan ek dat borgtog nie toegestaan word indien daar ‘n moontlikheid is dat ‘n persoon moontlik onskuldig bevind kan word nie.

A de Lange ·

Ek is tot in my wese geskok. Dit is nie asof mens nie weet die walglikhede is aan die gebeur nie, maar dat sulke en soveel ‘vooraanstaande en betroubare’ mense betrokke is, is amper te veel om te verwerk. As ma en gemeenskapsleier pleit ek – plaas hulle name en fotos in die media. Suid Afrikaanse regstelsel MOET nou ongenaakbaar teen sulke banale sosiale siektes begin optree. – En ja, ons voel jammer vir hulle families, ongelukkig vergoed dit nie vir ‘n klein kindjie se verwoeste lewe nie. Die besluit was deur die HOOF van hulle gesinne/families geneem. Waar is ons geestelike leiers in die land – STAAN OP EN PRAAT, RAAK DEEL VAN DIE OPLOSSING VIR DIE SOSIALE SIEKTES! Julle kan nie meer in mooi kerkgeboue vir mense sit en wag nie.

Erich Goosen ·

As die bewerings waar is moet die betrokkenes met die volle mag van die reg geslaan word. Hierdie soort van optrede is uiters laakbaar.

Eben ·

RSG het een naam bekend gemaak:

Die Penryn privaatkollege buite Nelspruit in Mpumalanga het sy kontrak met die hoof van die Penryn voorbereidingskool, Neil Malherbe, beëindig. Malherbe is in hegtenis geneem omdat hy na bewering betrokke is by ‘n internasionale kinderpornografie-netwerk. Malherbe het in die landdroshof in Witrivier verskyn, en is borgtog toegestaan. Ses mense is reeds in verband met die netwerk in hegtenis geneem, insluitend onderwysers, ‘n dermatoloog en ‘n regsgeleerde. Die polisie sê nog mense sal binnekort in hegtenis geneem word

Elzette ·

Dis uiters swak. arme kindertjies. 5 jaar oud is nog baba. dis siek en die land moet die doodstraf terug bring. In china word mense wat kinderpornagrafie het of dit maak sommer dood toe geneem. Youtube dit. En in Amerika word sindikate tot lewens tronk toe gestuur maar in SA kom mense sommer na 3 jaar uit die tronk. wat vir my die ergste is dat dit meestens wit mense is…die siek klomp!!! Jy stuur jou kind skool toe en dit hulle gaan iets leer…ja hulle leer hoe wreed groot mense kan wees. en daai arme kind se hele toekoms is verwoes…hy of haar innocence is weggesteel deur varke.. mens kan hulle nie mens noem nie… skiet die varke. maak ‘n voorbeeld sodat dit kan stop!!!

Maryna ·

Kan iemand my net sê, hoe vertrou jy nou die onderwysers in die skool met jou kinders??? Myne is nog klein ek glo nie ek sal kan stilbly as so iets met myne gebeur nie. Lees daai mense nie dan Bybel nie??? Daar staan mos “Moenie die kinders verhinder nie, laat hulle na MY toe kom”!!! Sies mense wat moet ons dink??? Ek dink sulke mense moet verbrand in die he’ll…..

Pheona ·

Here help ons kinders. Wys hierdie siek demone se gesigte en verneder hulle tot hulle selfmoord wil pleeg. Maak hierdie “manne” se totties in ‘n vicegrip vas en gee hom ‘n stomp, geroeste mes, laat hy afvrot of saag! Hierdie kinders sal NOOIT oor hierdie lelik in hulle lewetjies kom nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.