ʼn Skoolhoof van Umkomaas, suid van Durban, is in hegtenis geneem nadat hy glo 11 skooldogters verkrag het.
Lt.kol. Vincent Mdunge, woordvoerder van die polisie in KwaZulu-Natal, het gesê die hoof is Maandag by die skool in hegtenis geneem nadat 11 skooldogters gesê het dat hy hulle in sy kantoor verkrag het. Volgens Mdunge was die polisie by die skool om met leerders oor hulle regte te gesels en dat hulle veral oor seksuele mishandeling gepraat het. “Hy sal na verwagting Woensdag in die landdroshof verskyn,” het hy gesê.
Dit is om van siek te word. Wat word van ons mensdom? Dit is mos nou die een plek waar kinders juis moet veilig voel aangesien hulle soveel tyd deur die dag daar deur bring. Waarom word sulke mense dan onderwysers?