Skoolhoof het glo pornografie aan dogter gewys

WAARSKUWING: Die artikel bevat inligting wat sensitiewe lesers kan ontstel.

‘n Graad 10-leerling by ‘n hoërskool in Johannesburg beweer die skoolhoof het pornografiese materiaal aan haar gewys en ‘n onderwyser het glo na haar as ‘n ontkleedanseres verwys.

Die probleme het glo twee weke gelede begin toe ‘n onderwyser aan die hoof gesê het dat die 15-jarige haar klere voor ander kinders in die klas tydens skoolure by die skool in Kagiso uitgetrek het, berig die Sowetan. Die hoof het haar toe ingeroep. “Hy het gevra of ek ‘n maagd is en of ek ‘n kêrel het. Hy het toe gesê dat hy kan sien ek het al seks gehad,” het die meisie aan die koerant gesê.

Toe die skoolhoof haar weer gesien het, het hy glo aan haar borste en gesig gevat. Die volgende keer het die hoof pornografie op sy selfoon aan haar gewys.

Nadat hy die dogter se ma by die skool opgemerk het, het hy aan haar gesê sy mag nie vir enigiemand vertel wat gebeur het nie. Hy het glo gedreig om haar te laat druip indien sy nie haar verhouding met haar kêrel verbreek nie. Toe die dogter vir haar ma vertel wat gebeur het, en hulle probeer het om ‘n saak by die Kagiso-polisiestasie oop te maak, is hulle meegedeel dat daar nie genoeg bewyse is nie. Brig. Sipho Ngubane, die stasiebevelvoerder, het aan die Sowetan gesê hulle kon ‘n saak oopmaak.

Die skoolhoof ontken dat hy pornografie aan die dogter gewys het. Volgens die Sowetan het haar gesin ‘n klag by die distrikskantoor van die departement van onderwys ingedien.

“Die gesin moet teen Maandag ‘n verslag indien by die distrikskantoor en ‘n dissiplinêre ondersoek sal geskeduleer word,” het Charles Phahlane, woordvoerder vir die departement, gesê.
-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

A Visser ·

Sy is te groot vir haar skoene! En om al aktief te wees? maak haar geloofwaardigheid te betwyfel! Hoe oud is sy? is dit nie teen die wet nie?

Jenny Upshon ·

Dit is ‘n skokkende berig en ek het geen twyfel dat dit ‘n baie moeilike en sensitiewe saak is nie.Die wet werk op die grondslag dat daar bewys gelewer moet word om enige aanklagte te staaf .Volgens berig is aan die ouers van die skolier gese dat daar nie genoeg bewyse is nie.Ten spyte hiervan weet ek dat die howe in sekere gevalle selfs “hoorse” in ag neem so dit is nou deesdae ‘n adisionele faktor.Dan is daar ook die gebruik van die leunverklikker toerusting (“polygraph machine”).Alhoewel ek dink dat dit nie onder/volgens die Wet forseer kan word nie, sal iemand wat hul naam wil suiwer dit gewilliglik doen.Deur te weier sou dit tot ‘n mate bydrae aan skuld bewys.Na ‘n klag gele is kan die selfoon diensverskaffer sover ek weet supoena word om al die rekords na te gaan en as bewyse oor te handig.As die webtuiste besoek is tydens skool ure (ooreenstem met die tyd toe die skolier in die skoolhoof se kantoor was) sal dit sekerlik so bewys kan word.Dit is as ‘n webtuiste besoek is.As die materiaal vooraf afgelaai is is ek nie seker of dit opgetel kan word nie..Ek weet nie genoeg van selfone af nie maar is seker ‘n kenner op die gebied sal kan help.Ongeag wat die meisie se sedes is (of sy nog ‘n maagd is of nie) het geen volwasse autoriteits figuur (die prinsipaal) die reg om sulke aantuigings/uitlatings te maak of om ‘n minderjarige te dreig, aan pornografie bloot te stel/te betas nie (volgens bewering ); dit word as seksuele molestering,naam skending en afpersing beskou.Ek sou, as dit my dogter was, hemel en aarde verskuif om by die waarheid uit te kom en tweedens my bes doen om seker te maak dat daar gevolge is vir die aksies van die skuldige party, ongeag van wie dit is: die prinsipaal of die skolier (as dit ‘n geval is van valse aantuigings).Kinders is op skool met die doel om onderrig te ontvang , onderwysers en skoolhoofde is in ‘n magsposisie en daar om hulle te leer en te lei, ook deur hulle voorbeeld.Die woord wat in die verlede gebruik is in verband met skoolgaan was “opvoedkunde”Ouers handig kinders oor met die vertroue dat dit gebeur.Elke ouer glo dat skool ‘n plek van veiligheid is totdat hul kind weer terug is by die huis waar dit hulle verantwoordelikheid is.Ek kan my nie indink hoe moeilik die situasie moet wees nie en is ‘n leek op die gebied van die gereg, maar vind die storie absoluut skokkend en kan net sterkte aan alle betrokkenes wens en hoop vir ‘n spoedige, regverdige en goeie uitkoms.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.