Skoolhoof pleit skuldig

Carol Drysdale Foto: Alex Eliseev, EWN

‘n Skikkingsooreenkoms is Woensdag in die dissiplinêre verhoor van Carol Drysdale, skoolhoof van Laerskool Rivonia, onderteken.

Drysdale is verlede jaar van insubordinasie en wangedrag aangekla in verband met die skooltoelating van ‘n graad 1-leerling. Drysdale het Woensdag skuldig gepleit en die Gautengse departement van onderwys het besluit om haar nie af te dank nie, berig EWN. Die vehoor het tot ‘n skielike einde gekom toe ‘n sekere regulasie aan die lig gekom het. Drysdale het beweer dat sy nie van dié reël bewus was nie.

Sy het erken dat sy anders sou opgetree het indien sy geweet het dat die hoof van die departement (HoD), en nie slegs die LUR nie, die mag het om die skool se toelatingsbeleid om te keer.

Die departement en Drysdale se verteenwoordigers was ure lank in gesprek om ‘n skikkingsooreenkoms te bereik en in te stem om ‘n erkenning van skuld in te dien.

Die skoolhoof het Dinsdag onskuldig op die klagtes gepleit.

Die ergste straf wat sy nou sal ontvang is ‘n finale geskrewe waarskuwing en ‘n boete. Die prokureurs sal na verwagting geskrewe argumente onderskeidelik as verswarende en versagtende omstandighede vir vonnisoplegging indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.