Skoolhoof se kinderporno-saak uitgestel

Argieffoto

Argieffoto

Die saak van ʼn voormalige skoolhoof van ʼn privaatskool in Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy in ʼn kinderpornografie-netwerk betrokke was, is Vrydag in die landdroshof in Witrivier uitgestel, het die SAUK berig.

Die saak is tot 14 Februarie uitgestel vir verdere ondersoek.

Die man, wie se naam nie bekend gemaak mag word voordat hy op ʼn aanklag van die besit van kinderpornografie gepleit het nie, is steeds vry op borgtog van R1 000.

Hy is op 18 Augustus saam met vyf ander mans uit verskillende provinsies regoor Suid-Afrika in hegtenis geneem. Die ses mans was glo deel van ʼn internasionale kinderpornografie-netwerk van honderde mense, insluitend professionele mense van Kanada, Engeland en Amerika.

Die skoolhoof se kontrak is deur ʼn gesamentlike ooreenkoms gekanselleer ná sy eerste verskyning in die hof.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Deana ·

Mens sal nou sulke gedrag verwag van agtertangse mense met min of geen waardes, defnitief nie van professionele mense, veral onderwyser(s), en nie dat die ander beroepe buite rekening gelaat moet word nie. Die een is so sleg soos die ander.

Peter Says ·

Gee hom wat hy toekom. Pynlike kastrasie, sonder verdowing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.