Skoolhoof se seun sterf 15 dae ná fratsongeluk

Lyall Beadon. Foto:getlyallwalking.com

Lyall Beadon, die 29-jarige seun van ʼn skoolhoof van Port Elizabeth, is Dinsdag dood nadat hy op Nuwejaarsdag in ʼn fratsongeluk betrokke was.

Beadon is in die Aurora-hospitaal in Port Elizabeth dood weens ʼn hartstilstand, berig die Herald Online. Hy het op Nuwejaarsdag in die see gaan swem en sy nek beseer nadat hy in ʼn golf ingeduik en ʼn sandbank getref het. Beadon was na die ongeluk van sy bors af verlam. Hy is sedert die ongeluk by die Life Beacon Bay-hospitaal in Oos-Londen behandel voordat hy verlede Donderdag na die Aurora-hospitaal oorgeplaas is.

Sy pa, Laurie van Laerskool Dominic’s Priory, het gesê die gesin is platgeslaan deur sy dood.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.