Skoolhoof vas ná hy glo leerder verkrag

ʼn Skoolhoof van Limpopo is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn voormalige leerder van sy laerskool verkrag het.

Die Sowetan berig dat die skoolhoof glo seks gehad het met die 13-jarige meisie op die agtersitplek van sy motor. Die meisie se tannie sê sy het erken dat sy seks met die skoolhoof gehad het nadat sy en ʼn vriendin stry gekry het. Die meisie het glo met haar vriending stry gekry en haar daarvan beskuldig dat sy ʼn verhouding gehad het met die skoolhoof hoewel hy “aan haar behoort.” Die meisie het aan haar tannie gesê dat sy sedert verlede jaar in ʼn seksuele verhouding met die skoolhoof is toe sy ʼn graad 7 leerder by sy skool was. Die skoolhoof in Sondag in hegtenis geneem en sal op 28 Februarie in die hof verskyn wanneer hy om borg sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.