Skoolkinders beseer in busongeluk

Foto: ER24

Elf skoolkinders is beseer nadat die bus waarin hulle gery het teen ʼn kraglyn-toring gebots het buite Potchefstroom in Noordwes.

Derrick Banks, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het Donderdagmiddag op die Wildebeeslaagte-pad plaasgevind. Banks sê die bestuurder van die bus en die skoolkinders het self uit die bus geklim na die ongeluk en het langs die bus gesit toe paramedici op die toneel aangekom het. Elf kinders is lig beseer en het behandeling op die toneel ontvang voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling. Banks sê die ongeluk het plaasgevind nadat die bestuurder van die bus glo beheer verloor het. “Dit is nog nie duidelik wat veroorsaak het dat die bestuurder beheer verloor het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.