Skoolkinders vir steroïedes getoets

Rugbyspelers by Suid-Afrikaanse sportskole sal voortaan vir steroïedes en ander verbode middels getoets word.

Rapport het Sondag berig dat 18 uit 62 kinders wat onafhanklik in die afgelope ses maande getoets is, positief getoets het vir middels wat só gevaarlik is, dat dit tot die kinders se dood kan lei.

Skedule 5 anaboliese steroïedes is maklik bekombaar oor die internet en mense is onbewus van die regsimplikasies en gesondheidsrisiko’s wanneer dié middels gebruik word.

Die SA Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) het aangekondig dat meer as 100 skole hul leerlinge vir dwelmmiddels sal toets, berig Rapport.

“Paarl Gymnasium gaan sy hele onder 19A-span stuur om vir verbode middels getoets te word, alhoewel geen probleme vantevore met steroïedes ervaar is nie,” het Deon Gerber, hoof van rugby by Paarl Gymnasium, aan Rapport gesê.

Kapt. Paul Ramaloko, nasionale woordvoerder van die Valke, het aan die koerant gesê hulle is bewus van die probleem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.