Skoolmeisie steek haarself aan die brand

ʼn Skoolmeisie van Pretoria is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat sy haarself aan die brand gesteek het om sodoende selfmoord te pleeg.

Die 15-jarige meisie van Danville, in die weste van Pretoria, is in die Milpark-hospitaal in Johannesburg opgeneem nadat sy Donderdag omstreeks 15:00 glo brandspiritus oor haarself gegooi en haarself aan die brand gesteek het, berig Beeld.

JP Wilkinson, ʼn seun wat in die omgewing bly, het rook uit die huis sien kom en hulp ontbied deur na die brandweerstasie, wat omtrent twee straatblokke ver is, te hardloop.

Die brandweer het op die toneel gekom en die vlamme geblus. Die meisie is in ʼn kritieke toestand met ʼn ambulans na die Eugène Marais-hospitaal geneem. Sy is later na Milpark oorgeplaas.

Die meisie se twee jonger broers is ongedeerd. Haar ouma is weens rookinaseming hospitaal toe geneem.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het gesê die huis het redelik brandskade opgedoen.

Die polisie ondersoek die voorval.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.