Skoolmeisies gaan kanker-immunisering kry

inspuitingPresident Jacob Zuma het Donderdag gesê laerskoolmeisies gaan vanjaar teen die menslike papilloomvirus (HPV), die oorsaak van servikale kanker, geïmmuniseer word.

“Immuniseringspanne van die departement van gesondheid gaan skole vanjaar twee keer besoek om te verseker dat elke meisie, met hul ouers se toestemming, twee dosisse van die HPV-entstof kry,” het Zuma gesê tydens ʼn toespraak by die amptelike opening van Laerskool Ngidini in die Oos-Kaap.

Mesies tussen die ouderdom van nege en 12 jaar oud, gaan die entstof kry. Servikale kanker was die mees algemene kanker wat verlede jaar by Suid-Afrikaanse vroue gediagnoseer is.

“Die bekendstelling van die HPV-entstof is ʼn mylpaal vir Suid-Afrika. Dit sal bydra tot die beheer van die kanker en binne die volgende drie dekades sterftes, wat daarmee verband hou, drasties laat afneem.”

Klik hier om meer te lees wat Zuma tydens sy toespraak gesê het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

EyesEars ·

Kan die geleerdes asb. ‘n lys van bestanddele van hierdie entstof beskikbaar maak, sodat ouers die kans gegun word om hul dogters die nodige inligting te gee van die voordele EN nadele van hierdie entstof.

Zet ·

Goeie opmerking. My voorstel is dat dogters geen seksuele omgang het en indien wel, hulle dit beperk tot een maat. Ons weet tog dat dit meer en meer gebeur en natuurlik, baie belangrik, opvoeding wat ook ‘n groot rol speel.

anita ·

Die President is iets wat agter….iewers het hy van hierdie projek gehoor, WANT 3 jaar gelede was ek op besoek in Nederland, toe was die projek reeds daar geimplementeer, iemand moes hom daarop attent gemaak het., die indruk word nou geskep asof dit sy Idee is.

Hanlie ·

Ek sal graag meer wil weet voor ek toestemming gee dat my dogter daarmee ingespuit word. Wat is bv die newe effekte?

Ena ·

Hanlie en ander ouers wat besorg is oor die moontlike newe-effekte: ek sal voorstel dat julle die dokumentêr “The Greater Good” kyk. So ver ek weet, kan jy dit van YouTube aflaai. Hierdie entstof is uiters gevaarlik en die veiligheid daarvan is nie behoorlik nagevors nie. Moontlike newe-effekte sluit lewenslange gestremdheid en die dood in. Ek is ook die ma van ‘n negejarige dogter en ek sal alles in my vermoë doen om seker te maak dat sy hierdie inenting nie kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.