Skoolseun buite skool met mes gesteek

mes1-225x225ʼn 16-jarige skoolseun van Durban veg om sy lewe nadat hy Dinsdag buite Hoërskool Hillview in Newlands-Oos met ʼn mes gesteek is.

Kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het aan Maroela Media gesê die seun is omstreeks 15:30 buite die skool in Sea Bassweg aangeval.

“Die rede vir die aanval is nog nie bekend gemaak nie,” het Zwane gesê. “Die Newlands Oos-polisie het reeds ʼn 21-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy gaan van poging tot moord aangekla word en moet binnekort in die Durban-landdroshof verskyn.”

Zwane het ʼn beroep gedoen op die gemeenskap dat enigiemand wat die voorval sien gebeur het, die Newlands Oos-polisiestasie skakel.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die seun is kritiek gewond. Paramedici het die seun op die toneel gestabiliseer en na die Nkosi Albert Luthuli-hospitaal geneem vir gevorderde behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ria Maritz ·

Ja, hy moet maar hoop en bid die tiener sterf nie, anders is dit moord en nie net poging tot moord nie !

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.