Skoolseun gee onderwyseres vuishou in die gesig

klaskamerʼn Johannesburgse laerskoolleerling het glo Dinsdag ʼn onderwyseres by Laerskool Jim Fouché in Brixton met ʼn vuis in die gesig geslaan, het Beeld Woensdag berig.

Die seun (14) het na bewering vir Zascia Hakkesteeg (41), departementshoof van opvoedkundige opleiding by die skool, in haar klaskamer aangerand ná sy hom gevra het om ’n trui, wat nie deel van die skooluniform is nie, uit te trek.

Die polisie is ontbied en die seun is na die Brixton-polisiekantoor geneem waar ’n saak van aanranding aanhangig gemaak is.

Ao. Gordon Billings, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die seun is Dinsdagmiddag deur sy ma huis toe geneem.

Gershwin Chuenyane, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê die seun is vir sewe dae geskors, hangende ’n formele tugverhoor.

Dié is die derde voorval in die afgelope tyd waar ʼn leerling ʼn onderwyser aanval. Maroela Media het op 20 September berig dat ʼn onderwyser van Hoërskool Sasolburg in die Vrystaat deur ʼn leerling by die skool geskiet is. Lees meer hier.

Die Sasolburg-aanval het gevolg skaars twee dae nadat ʼn graad 8-leerder aan die Hoërskool Glenvista in Johannesburg ʼn onderwyser met ʼn besemstok aangeval het. ʼn Video van dié aanval is op YouTube gelaai. Klik hier vir meer inligting en om die video te sien.

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

wragtig ·

Genoeg is genoeg. Ek waarborg julle die ouers is net so barbare. Ek wens hy wil my raak as ek n onderwyser was. Glo my hy was nou in die I.c.u. met n gebreekte net die klein gemors.

wragtig ·

Genoeg is genoeg. Ek waarborg julle die ouers is net so barbare. Ek wens hy wil my raak as ek n onderwyser was. Glo my hy was nou in die I.c.u. met n gebreekte nek die klein stuk gemors.

Vas Vat ·

Daar is verbetering skole in die land, stuur hierdie barbare almal daarheen. Daar sal die bordjies verhang word.

Sarie van Niekerk ·

Dit is skrikwekkend wat deesdae in ons skole aangaan! Ek weet self van ‘n voorval verlede jaar waar ‘n seun (gelukkig darem ‘n hoerskool seun ‘n onderwyseres met die vuis in die gesig geslaan het) maar wat word tog van ons kinders as laerskool kinders al hul onderwysers met die vuis bydam? Uit wat se huis kom hierdie kind? Maar nee die ANC vertel mos vir die kinders julle mag nie gestraf word nie, julle hoef nie gedissiplineerd te word nie, as jou ouers of ondersywer jou tug kan jy hulle hof te sleep. Hierdie voorvalle moet alles direk voor die deur van die ANC gele word.

Naal de Koker ·

14 jaar oud en nog in die laerskool??? Dit sê alles !!!

Hein Hildebrand ·

Hierdie is ‘n tipiese simptoom van ANC transformasie: ons het baie skole bedryf met ‘n Christelike oortuiging, maar toe dit begin aanstoot gee aan die wat nie glo nie, is Christelikheid uit die skole gehaal. Al probleem is; dit het ‘n waardestelsel aan die kinders en personeel voorgehou, maar toe dit uitgehaal is, is daar geen plaasvervangende waardestelsel in sy plek gestel nie, dit moet nou maar van die huis af kom (en ons almal kan sien hoe goed dit werk!). Dit was presies dieselfde met lyfstraf: daar was die paar idiote wat lyfstraf misbruik het, so dit is uit skole gehaal. Weereens was daar geen plaasvervanging vir ‘n ordentlike strafstelsel in sy plek gesit nie. Daarom is onderwysers in ‘n benarde posisie geplaas waar geen waardestelsel of goed-deurdagte strafstelsel wat die kinders se gedrag kan beïnvloed of beheer van bo af geïmplimenteer word nie.

Erich Goosen ·

Slegte nag gehad, Sensor? Hoe het ek jou nou weer geirriteer?

Jasper ·

In die ou dae het hulle dit n “snotklap” genoem. Dit is al wat hierdie mannetjie agter sy kop kort.

Louise ·

Genade, ‘n laerskool kind, en die onnie mag seker nie ‘n woord sê nie, want die kind het regte, waar is die onnie se regte dan? Ek kan nie dink dat mense nog onderwysers kan wees nie.!

Fransie ·

Die klein rubbish – sy pa slaan seker sy ma die dat hy dink dat hy daarmee kan wegkom!!!! hoop net die onderwyseres trek nie die saak van aanranding terug nie – die klein swernoot moet sommer nou al ‘n kriminele rekord kry dan kan daar makliker tred van hom gehou word. EN 14 nog in die laerskool??? dit is ok eintlik iets

Amanda/Sindy ·

Kyk die dag as ‘n leerling aan my dogter klap, sien hy of sy,sy ouma vir ‘n eend aan na ons mekaar gesien het.

Waar sien die kind die tipe van aanranding?? Dalkies by die huis????? Die trui kon maar liewer gebly het. Dalk is daar nie fondse???? Ja, ja ek vra net!!!!

Meisie ·

Die kinders in ons land word vir die duiwel grootgemaak!! Dit is vandat dit in hul koppe ingeprent word dat niemand hulle mag tug nie, dat ons kinders so hand uitruk!! Daar was nooit sulke snert in ons dae nie, want jy het respek vir jou ouers en onderwysers gehad!! Wat word nou van “ hulle is ons land se toekoms“`…. wat `n toekoms wag daar vir ons land?????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.