Skoolseun glo op rugbytoer verkrag

ʼn 16-jarige seun van Tygerberg in Kaapstad is glo op ʼn skolerugbytoer verkrag, maar die owerhede het nog niks aan die saak gedoen nie.

Die voorval, wat glo op 17 Maart tussen leerlinge van ʼn hoërskool in die stad plaasgevind het, is op selfone verfilm en wyd versprei, het Beeld Donderdag berig. Die slagoffer se ma het gesê die skool se eersterugbyspan het naby Velddrift op die Weskus gaan kamp en het ʼn rugbywedstryd teen een van die plaaslike skole gespeel. Die seun is glo ná die wedstryd met ʼn besemstok en ʼn piesang verkrag.

“Omstreeks 23:30 die aand het my seun ʼn ‘please call me’ gestuur,” het die ma gesê. “Hy was histeries en het gesê die ouer seuns wou sy hare afskeer… ek het daarop aangedring om met hulle te praat, maar hulle het net gesê ek kan nie vir hulle sê wat om te doen nie, en het die oproep beëindig.”

Die seun het toe glo herhaaldelik om hulp by sy rugbyafrigter, Brandon Grant, gaan aanklop, maar Grant het glo net gesê “staan op vir jouself en wees ʼn man”.

Die volgende aand, nadat die slagoffer gaan slaap het, is hy na bewering in sy bed aangeval en verkrag. Die aanvallers het ook sy wenkbroue afgeskeer, tandepasta in sy neus opgespuit en ʼn falliese voorwerp op sy voorkop geteken.

Die slagoffer se ouers het hul seun uit die skool gehaal en op 20 Maart ʼn klag by die polisiestasie in Bothasig gaan lê. Die polisie het Woensdag gesê dat die vermeende aanvallers nie vervolg kan word nie, aangesien die seun nie na die voorval deur ʼn distriksgeneesheer ondersoek is nie. Volgens die seun se ma het die polisie oorspronklik aan haar gesê dat ʼn mediese ondersoek onnodig is, aangesien die fotografiese bewyse voldoende sou wees.

Die hoof van die skool het glo aan Beeld gesê die skool het ʼn “interne dissiplinêre verhoor” en dat verskeie seuns reeds tydelik geskors is.

Lees die oorspronklike artikel in Beeld hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Lourens Etchell ·

Die ouers van hierdie seun moet die afrigter en daardie betrokke seuns hof toe vat en alle verdere mediese onkostes en sielkundige behandelings van hulle eis. Om dit nog beter te stel moet die ouers hulle almal wat hiermee betrokke was, ry tot in oom Daantjie se kalwer hokke. Mag hulle berou he tot aan die einde van hulle lewens. Hulle is siek in hulle breins, die afrigter ingesluit.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.