Skoolseun kritiek na tref-en-trap-ongeluk

ʼn Negejarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy Dinsdagmiddag in Stellenbosch deur ʼn voertuig raakgery is.

Derrick Banks, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het in Baden Powellweg gebeur. “Dit is in die stadium nog nie bekend presies wat gebeur of watter voertuig by die voorval betrokke was nie. Paramedici het die kind in die pad aangetref. Hy het steeds sy skooluniform aangehad,” het Banks gesê.

Die seun het veelvoudige kritieke beserings opgedoen. Hy moes met ʼn helikopter na die Red Cross-kinderhospitaal geneem word vir dringende mediese behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval. Hulle vra enigiemand met inligting om die polisie by 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.