Die lyk van ʼn 12-jarige seun is in ʼn veld in Silverton, Pretoria gevind.
LookLocal berig dat die seun se liggaam Vrydagoggend in ʼn veld naby die Silverton Transnet-aanleg gevind is. ʼn Man het Donderdagmiddag op die seun, wat steeds sy skooluniform aangehad het, se liggaam afgekom toe hy deur die veld gestap het. Hy het egter eers die volgende oggend die polisie in kennis gestel. Die seun se keel is gedeeltelik afgesny. Die polisie het enigiemand met inligting gevra om Sersant Portia Maleka by 082-499-4148 te kontak.
Lees meer hier.