Skoolseun sterf, nog een ernstig beseer na motorfietsongeluk

ʼn Skoolseun is dood en nog een ernstig beseer nadat die motorfiets waarop hulle gery het deur ʼn bus getref is in Waverley in Pretoria.

ʼn Woordvoerder van Netcare911, Jeffrey Wicks, sê die ongeluk het in 33ste laan naby Hoërskool John Vorster plaasgevind. Wicks sê dit blyk dat een van die partye voor die ander ingedraai het. Hy sê albei seuns is weens die impak van die motorfiets geslinger waarna die bus oor hulle gery het. Wicks sê een van die seuns was onder die bus vasgekeer en het op die toneel aan sy beserings beswyk. Die ander seun is ʼn ernstige toestand na ʼn nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.