Skoolseuns deur weerlig raakgeslaan

Nege seuns van die King Edward VII-skool in Johannesburg is Dinsdag deur weerlig raakgeslaan.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die nege seuns is na die Milpark-hospitaal geneem vir behandeling. Volgens berigte is twee van die seuns in ʼn ernstige toestand. MedixGauteng het op Twitter gesê dat daar ʼn paramedikus was wat die voorval aanskou het en onmiddellik mond-tot-mond-asemhaling op die seuns toegepas het. Die skool het op sy Twitter-blad gesê die seuns is deel van die skool se eerste krieketspan en dat meer besonderhede later bekend gemaak sal word. Die Gautengse departement van onderwys sê intussen dit is nog nie duidelik presies wat gebeur het nie. Charles Pahlane, woordvoerder van die departement, sê traumaberaders sal Woensdag na die skool gestuur word. Volgens ooggetuies het die seuns krieket geoefen en is hulle glo deel van die graad 11-klas. Leerlinge is ook aangesê om nie met verslaggewers te praat nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Trudie Erasmus ·

Ek wonder nou net hoekom die vreeslike geheimsinnigheid omtrent wat aangegaan het. Tensy daar weer nalatigheid was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.