Skoolskieter het glo vooraf planne bekend gemaak

Adam Lanza

Adam Lanza

Die man, wat verlede jaar 28 mense se lewens geëis het tydens ʼn skietery by ʼn laerskool in Amerika, het moontlik voor die aanval sy planne op die internet bekend gemaak.

Owerhede het Maandag gesê ʼn vrou van Texas het op 14 Desember, die dag van die aanval, met die polisie in Connecticut in verbinding getree om te sê dat haar seun in kontak was met iemand wat in ʼn videospeletjie gesê het daar gaan ʼn skietery by ʼn skool wees.

ʼn Anonieme gebruiker het die kommentaar, twee dae voor die voorval, aanlyn gepubliseer en gesê dat hy ʼn selfmoord op 14 Desember beplan en dat dit nasionaal die nuus sal haal. Die persoon het gesê hy bly in Connecticut.

Die inligting is bekend gemaak in ʼn aansoek vir ʼn lasbrief om Adam Lanza se rekenaar te deursoek. Owerhede sê die hardeskyf is gebreek en hulle kon niks bruikbaar opspoor nie.

Die 20-jarige Lanza het by die Sandy Hook Elementary School selfmoord gepleeg ná die skietery. Sy ma, wat by die skool gewerk het, is onder die oorledenes.

Lees ook:
Massamoord: Juffrou red ‘n hele klas vol Gr. 1s
VSA-skiettragedie eis 27

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.