Skoolwerker verkrag glo seuntjie

ʼn Werknemer by ʼn laerskool het Vrydag in die Warrenton-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op aanklag dat hy ʼn seuntjie by die skool verkrag het.

Luit. Olebogeng Twana, woordvoerder van die polisie, sê die beskuldigde het glo Maandag ʼn 7-jarige seuntjie in ʼn badkamer by die skool verkrag. Twana sê die saak is tot 29 Augustus uitgestel wanneer die beskuldigde moontlik vir borg sal aansoek doen en vir verdere ondersoek. Die man is Donderdag in hegtenis geneem nadat die seuntjie aan sy ma gesê het hy is verkrag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Tjaart ·

Verlaagde waardes in die samelewing laat siektes soos hierdie uitbreek. Ons imuunstelsel is feitlik nul

Seg Net ·

Tjaart ek dink hierdie geval het te doen met waardes, opvoeding en om dit plein te stel spulsheid. Niks met jou immuunstelsel te doen nie my vriend.

Johann ·

Hoe laer die IK hoe hoër die seksdrang by alle nasionaliteite en let wel by beide geslagte nie net by die man nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.