Skoolwerker wat lol ná 5 jaar eers afgedank

ʼn Werknemer by ʼn skool in KwaZulu-Natal is eers vyf jaar nadat hy daaraan skuldig bevind is dat hy ʼn leerling by die skool seksueel aangerand het afgedank.

Mongameli Gcwabaza is in 2008 van dié oortreding aangekla en het in 2010 ʼn opgeskorte vonnis van vyf jaar ontvang. Gcwabaza se afdanking kom nadat die openbare beskermer Thuli Madonsela ingegryp het. Gcwabaza is in 2008 oorgeplaas nadat die aanklagte teen hom aanhangig gemaak is maar is na sy vonnisoplegging weer teruggestuur na die skool. ʼn Ouer van die skool het ʼn klag by die openbare beskermer ingedien. Kgalalelo Masibi, Madonsela se woordvoerder, sê daar is verlede maand dissiplinêre stappe teen Gcwabaza geneemdeur die provinsiale departement van onderwys waarna hy afgedank is. Die departement was nie onmiddellik vir kommentaar beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

vasti ·

dieselfde het by ‘n skool in bronkies gebeur… die man hou nou skool op ‘n ander plek… siek

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.