Skoonheidsalon staan in ligte laaie

Argieffoto

ʼn Skoonheidsalon in Pretoria se middestad wat vanoggend in ligte laaie gestaan het,  het Vrydagoggend hewige verkeersopeenhopings veroorsaak.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê die brand het omstreeks 07:00 by die salon in Pretoriusstraat uitgebreek.

“Die brand het steeds by die salon gewoed toe die brandweer by die toneel opgedaag het. Die brand is binne 20 minute onder beheer gebring,” het Pieterse gesê.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en niemand is tydens die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.