ʼn Skoonheidsalon in Pretoria se middestad wat vanoggend in ligte laaie gestaan het, het Vrydagoggend hewige verkeersopeenhopings veroorsaak.
Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê die brand het omstreeks 07:00 by die salon in Pretoriusstraat uitgebreek.
“Die brand het steeds by die salon gewoed toe die brandweer by die toneel opgedaag het. Die brand is binne 20 minute onder beheer gebring,” het Pieterse gesê.
Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en niemand is tydens die voorval beseer nie.