Skoonmaker gooi per ongeluk kunswerke weg

Die uitstalling by die Sala Murat-galery

Die uitstalling by die Sala Murat-galery

ʼn Skoonmaker in die suide van Italië het onwetend kontemporêre kunswerke van nagenoeg €10 000 (R150 000) weggegooi.

Lorenzo Roca, hoof van die skoonmaakbesigheid, het gesê die vrou “het net haar werk gedoen” en aangeneem dit is deel van die rommel wat die persone, wat die uitstalling opgestel het, agtergelaat het. Die uitstalling by die Sala Murat-galery se openingsaand was Woensdag in Bari.

Een van die kunswerke was glo koekiekrummels wat in ʼn kunstige manier op die vloer gestrooi is.

Roca sê die maatskappy sal sy versekeringsdekking gebruik om vir die kunswerke te betaal. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.