Die twee polisiebeamptes van die Oos-Rand wat op kamera vasgevang is waar hulle vermoedelik by ‘n seksuele daad betrokke was, gaan geskors word.
Brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder van Gauteng, het Vrydag gesê die inhoud van die video is uiters ontstellend en dit regverdig die bestuur om onmiddellik teen die beamptes op te tree, binne die polisie se dissiplinêre kode.
“ʼn Interne tugproses is van stapel gestuur en die beamptes sal vandag [Vrydag] kennis van hul skorsing ontvang,” het Malila gesê.
Die video is Saterdagoggend omstreeks 03:00 in die parkeerterrein van die East Rand-winkelsentrum in Boksburg opgeneem, het Beeld Vrydag berig. Beeld het Donderdag die video aan die polisie gestuur.
We should be surprised?
Bly om te sien die polisie tree op maar die skade is lankal gedoen. Dissipline in die polisie bestaan net eenvoudig nie meer nie.