Skote geskiet op geskorste Mdluli-aanklaer

Glynis Breytenbach

Die geskorsde teenkorrupsie-aankler, adv. Glynnis Breytenbach, beweer daar is drie weke gelede op haar geskiet terwyl sy op pad was huis toe.

Breytenbach is gisteroggend met betaling deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geskors. Daar word wyd bespiegel dat haar weiering om die bedrog- en korrupsiesaak teen lt.genl. Richard Mdluli, hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, te laat vaar, met haar skorsing verband hou. Breytenbach het intussen aan die City Press gesê dat sy oortuig is dat die skietery werkverwant is. “Ek word al ʼn ruk agtervolg. Dit het laataand op 11 April gebeur terwyl ek op die N14 huis toe gery het. Twee skote is afgevuur maar albei het gemis.” Breytenbach sê sy word steeds agtervolg en dat sy dit by die Valke aangemeld het. Sy sê twee BMW-motorfietse het haar verlede Woensdagoggend van die pad probeer dwing terwyl sy van die gimnasium huis toe gery het. Breytenbach is die streekhoof van die NVG se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid. Behalwe vir Mdluli het sy ook ander hoëprofiel-sake ondersoek soos die wapenskandaal en ʼn mynregtesaak waarby Kumba betrokke is. Breytenbach se regsverteenwoordiger, Gerhard Wagenaar, sê die NVG voer aan dat Breytenbach geskors is nadat sy glo haar magte misbruik het in die Kumba-saak. Breytenbach se ondersteuners is egter van mening dat sy geskors is weens haar volharding om Mdluli te vervolg. Daar word bespiegel dat Mdluli geoormerk word om die geskorste genl. Bheki Cele as nasionale polisiehoof op te volg.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.