Skote klap by Carnival Mall

Carnival Mall

Carnival Mall

Die polisie in Gauteng sê die skote het Dinsdag by Carnival Mall in Brakpan, Gauteng, geklap tydens ‘n transitorooftog.

“Die rowers het in ‘n Volkswagen Polo-motor van die toneel gevlug met 10 houers met ‘n onbekende hoeveelheid kontant daarin,” het kapt. Joep Joubert, woordvoerder van die polisie, in ‘n verklaring gesê.

Die voorval het plaasgevind toe die sekuriteitsbeamptes ‘n kontantwa agter die Dis-Chem parkeer het om kontant uit te laai. “Vier sekuriteitsbeamptes is na binne en die bestuurder het in die voertuig gebly. ‘n Flitslig in die kajuit het die bestuurder gewaarsku dat daar met die agterdeur van die voertuig gepeuter word,” het Joubert gesê. “Hy het uitgeklim en ‘n wit Polo-motor het agter hom gestop.”

Twee mans het glo kontant uit die voertuig gehaal. Die bestuurder het ‘n paar skote op die mans gevuur wat weggejaag het. ‘n Derde man het weggehardloop.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie en niemand is beseer nie. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.