Skote klap by Marikana

Betogende mynwerkers kom Dinsdag weer by Marikana byeen. Foto: Makwena Manamela / Twitter

Skote is Woensdagmiddag by die Wonderkop-stadion in Marikana in Noordwes gevuur waar stakende mynwerkers vergader.

Dit is in die stadium nog nie duidelik wie die skote geskiet het en of enigiemand beseer is nie. Ses skote is gehoor terwyl werkers gewag het om deur Joseph Mathunjwa, leier van die Association of Mineworkers and Construction Union (AMCU), toegespreek te word.

Mathunjwa sal na verwagting die werkers vra om die staking by Lonmin se myne te beëindig.

Die mynwerkers het Dinsdag begin staak en eis dat die National Union of Mineworkers (NUM) se kantore by Lonmin onmiddellik gesluit word. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.