Skote klap in PTA-betoging

Die polisie moes met rubberkoeëls op betogende inwoners in Soshanguve, noord van Pretoria, losbrand na ʼn betoging gewelddadig geraak het. Die inwoners het Vrydagmiddag naby die Mokapong-stasie begin saamdrom en betoog glo oor uitsettings. Na wat verneem word, is skote gevuur waarna die polisie ingetree het om die skare onder beheer te kry.

“Die situasie is nog nie ontlont nie en spanning loop nog hoog,” het ʼn beampte wat anoniem wil bly aan Maroela Media gesê. Die polisie het die publiekversoek om die gebied te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.