Skotte stem oor onafhanklikheid

Premier Alex Salmond

Die Skotte gaan op 18 September 2014 referendum hou oor onafhanklikheid vir dié lidland van die Verenigde Koninkryk.

Skotland was sedert sy ontstaan in die Middeleeue tot 1707 ‘n onafhanklike land. Veral sedert ryk olieneerslae in die Noordsee ontdek is, waaruit die hele Brittanje nou voordeel put, het die besef posgevat dat Skotland ekonomies onafhanklik kan wees, en het Skotse nasionalisme begin groei.

Skotland het weer in 1999 ‘n eie parlement gekry na twee referendums losser bande van Brittanje goedgekeur het. Die pro-onafhanklikheid Scottish National Party het sedert 2011 die meerderheid in die Skotse parlement, maar ‘n onlangse peiling het aangetoon dat slegs sowat 30% van die Skotte volkome onafhanklikheid voorstaan. Die premier, Alex Salmond, beklemtoon egter dat die Noordsee-olie sy land se ekonomiese welvaart sal verseker.

Die Britse regering is uitgesproke gekant daarteen dat Skotland onafhanklikheid verkry.

Die Skotse parlement is bekend vir die hoë kwaliteit werk wat gedoen word, en vir wetgewing wat in baie opsigte internasionaal die toon aangee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.