Skrums word nou anders “geroep”

Gereelde rugbykykers sal van Vrydag af, wanneer die Curriebeker se Premierreeks vir 2013 afskop, nie die bekende “touch, pause, engage” hoor wanneer skeidsregters ‘n skrum “roep” nie.

‘n Eksperimentele reël sal in die kompetisie geld en die “touch, pause, engage” verander nou na “crouch, bind, set”.

Dit beteken volgens die IRB dat daar meer kontinuïteit in die spel sal wees en dat dit die risiko van beserings verder verminder. Die reëlverandering sal ook sorg dat daar strenger gekyk sal word na die ingooie by skrums. Die gewoonte wat ontstaan het dat skrumskakels die bal byna onder die slotte se voete ingooi, behoort iets van die verlede te wees.

Die voorry sal nou vooraf aan mekaar moet bind voor die inslaan (“set”) en moet slegs reageer op die skeidsregter se “crouch, bind, set” voordat daar geskrum word. Hulle moet van nou af bind aan die opponent se rug of sy. Daar mag glad nie gebind word op die arm, bors, nek of kraag van die teenstander nie.

Die res van die span moet ook eers bind alvorens die skrum sak. Dit beteken dat die slotte en flanke moet bind (nie net met die arm vashou aan die slotte nie) en dat die agtsteman volledig moet bind aan die heupe van die slotte voordat die skrum gevorm is.

Pale Toe het met verskeie afrigters van senior en junior spanne gepraat oor die verandering in die “roep” en almal is dit eens dat die veranderings – indien reg toegepas – wel ‘n positiewe verandering vir die spel kan beteken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Stoere Boer ·

Nee dit is nie. Dit gaan nou meer soos die skole rygby word waar die stutte alreeds aan mekaar vashou voor hulle inslaan

Simon Riekert ·

Hallo Ivan, tegnies is jy reg-die bal is veronderstel om onder die haker se voete ingegooi te word en dit bly die skrumskakel se verantwoordelikheid.Deesdae is dit die gebruik om so skeef in te gooi dat dit by wyse van spreke onder die slotte se voete ingegooi word; dit is dus ‘n algemene (sarkastiese!) verwysing na hoe swak die ingooi reel gepolisieer word.

Hopenlik sien ons dit nie meer nie…!

Dankie vir jou skerp waarneming…

Edna ·

Veranderige -bring vernuwing en nuwe uitdagings! wees posetief en werk saam, dis n game – en moet geniet word! kyk net hoe het rugbyballe verbeter van n beesblaas – na n super ovaalvormige-ikoon!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.