Skryf teen more in by Gautengse skole, of onderwerp jou kind aan onderwysdepartement se oordeel, sê AfriForum

AfriForum het die ouers van kinders wat vir 2014 in Gautengse laer- en hoërskole ingeskryf moet word, dringend daaraan herinner dat die inskrywings op 21 Mei sluit. Ouers wat dus inspraak wil hê in waar hulle kind volgende jaar gaan skoolgaan, moet teen Dinsdag hulle kinders by hulle voorkeurskole inskryf. Ouers het slegs tot dan tyd om self ʼn keuse uit te oefen – daarna mag die Gautengse onderwysdepartement besluit waar kinders geplaas word, ongeag die kind of ouers se keuse. Die onderwysdepartement hoef dan ook nie meer die area waar die kind geplaas word, of die taalbeleid van die skool in ag te neem nie.

Volgens Alana Bailey, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, is daar ʼn groot tekort aan funksionele skole in Gauteng as gevolg van die onderwysdepartement se onvermoë om disfunksionele skole te rehabiliteer en voldoende skole op te rig. Skole wat dus teen Dinsdag nog nie vol is nie, sal genoodsaak wees om enige kinders wat die onderwysdepartement na hulle verwys, te akkommodeer. Dit kan Afrikaanse skole onder nog meer druk plaas om dubbel- of parallelmedium instellings te word, of op die langduur te verengels. “ʼn Beroep word dus op ouers gedoen om nie deur versuim te laat in te skryf en in die proses die toekoms van Afrikaans-medium skole nog verder in die weegskaal te plaas nie,” het Bailey gesê.

Bailey het weer beklemtoon dat nasionale en internasionale studies onteenseglik bewys het dat moedertaalonderrig vir so lank as moontlik die beste keuse vir enige leerder is. “Die pad na ʼn suksesvolle toekoms begin vanjaar in Gauteng deur jou kind voor Woensdag by ʼn skool in te skryf wat enkelmedium onderrig in sy of haar moedertaal aanbied,” het Bailey bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ebert ·

Toemaar, mens kan tot aan die einde van die jaar wag as jy jou kind in ‘n onafhanklike/private skool inskryf.

Om jou kind in ‘n staatskool in te skryf is om geld aan ‘n regering te voorsien wat teen jou kind diskrimineer, terwyl ‘n leerplan gevolg word wat ten doel het om jou kind van jou herkoms en jou geloof te vervreem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.