Skrywer van “Dinner with Mugabe” dood gevind

Heidi Holland. Foto: Penguin Books

Die skrywer van “Dinner with Mugabe” is Saterdag dood in haar huis in Johannesburg aangetref.

Lt. kol. Katlego Mogale, ʼn polisiewoordvoerder, sê Heidi Holland (64) se liggaam is omstreeks 10:10 Saterdagoggend deur haar tuinier gevind by haar huis in Melville. Mogale sê niks word uit die huis vermis nie en die polisie vermoed geen vuilspel nie. Sy sê daar word vermoed dat Holland selfmoord gepleeg het. Holland was ʼn joernalis en rubriekskrywer en het onder meer artikels geskryf vir die Sunday Times, die New York Times en The Guardian. Sy het in 2008 die boek “Dinner with Mugabe” gepubliseer oor die lewe van Zimbabwe se president Robert Mugabe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.