Skubaduiker sterf by Umkomaas

‘n Man van Gauteng is Donderdagmiddag tydens ’n duikekspedisie naby Umkomaas aan die KwaZulu-Natalse suidkus dood.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê paramedici het die duikers se boot op die strand ingewag. “Die ander duikers het mond-tot-mond-asemhaling op die man, in sy 20’s, toegepas terwyl die boot op pad was na die strand.” Botha sê paramedici het dadelik oorgeneem en vir sowat 40 minute mond-tot-mond-asemhaling op die man toegepas voor hy op die toneel dood verklaar is. Botha sê dit is nog nie duidelik wat onder die water verkeerd geloop het nie. Die saak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Marisa ·

Niemand sal ooit kan weet hoe stukkend sy ma is nie. Hy was ‘n wonderlike mens. Die wereld is armer sonder hom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.