Skuld van R320 eis 11 lewens

Die versorgingsoord in Hailun ná die brand

Elf mense is in ‘n versorgingsoord in China dood nadat ‘n rusie oor sowat R320 daartoe gelei het dat een van die inwoners die gebou aan die brand gesteek het.

Wang Gui (45) het glo sy humeur verloor nadat hy ‘n ander inwoner beskuldig het dat hy 200 yuan (sowat R320) by hom gesteel het, het die Xinhua-nuusagentskap berig. Personeellede en ander inwoners by die Lianhe-versorgingsoord in Hailun het probeer om Wang te kalmeer, maar dit het nie gewerk nie.

Wang het vroeg Vrydagoggend die gebou aan die brand gesteek. Sowat 32 mense was in die gebou toe die brand uitgebreek het. Elf mense, insluitend Wang, is in die brand oorlede. Die slagoffers was almal tussen 45 en 87 jaar oud, het die polisie in Hailun aan Xinhua gesê.

Wang is by die versorgingsoord opgeneem nadat hy ‘n beroerte gehad het en niemand gehad het wat vir hom kon sorg nie. Die versorgingsoord bedien bejaarde inwoners van die platteland wat nie ‘n ander inkomste het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.