Slagoffer van koshuisontgroening sterk aan

Andrew Searle

Andrew Searle (14), die seun wat tydens ʼn “ontgroeningsritueel” in ʼn skoolkoshuis met ʼn skoen in ʼn kussingsloop teen die kop geslaan is, herstel goed nadat hy vroeër die week ʼn terugslag beleef het.

Volgens sy pa, Sean Searle, verbeter sy toestand by die dag en behoort hy die naweek uit die waakeenheid na ‘n gewone saal geskuif te word.

Andrew, ʼn leerling aan Hoërskool York, is sedert die voorval verlede Dinsdagoggend plaasgevind het, in ‘n hospitaal in George. Andrew is vir bloeding op die brein behandel en het vroeër die week goeie vordering getoon waarna hy  van die waakeenheid na ʼn gewone saal geskuif is. Hy het egter Woensdag verswak en is weer in die waakeenheid opgeneem.

Intussen is ses leerlinge van die skool skuldig bevind dat hulle ander leerders met skoene in kussingslope geslaan het. Hulle moet gemeenskapsdiens by die skool verrig en vir berading gaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhard Erasmus ·

Gemeenskaps diens! Is dit al?! Kort almal een moerse pak slae as jy my vra!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.