ʼn Onderwyser van Sasolburg wat vroeër deur ʼn leerling in die been geskiet is, is in ʼn stabiele toestand in die Emfuleni MediClinic, het ‘n woordvoerder van die hospitaal vanaand gesê.
Die onderwyser was vanmiddag nog in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal nadat hy ʼn operasie moes ondergaan om die koeël uit sy been te verwyder.
ʼn Vyftienjarige seun, wat na bewering die slagoffer van boelies by die skool was, het na bewering sy oupa se vuurwapen na die skool geneem en die boelies daarmee gejaag. Die onderhoof en ingegryp, waarna die seun die vuurwapen op hom gerig het. Hy het ʼn skoot afgevuur, maar die wapen het geweier en die seun het weggehardloop.
Twee onderwysers het die seun agternagesit en hom probeer ontwapen. ʼn Skoot het in die proses afgegaan en een van die onderwysers is in sy been gewond. Die seun het weer probeer vlug en is deur die polisie aangekeer in DF Malanstraat in Sasolburg.
ʼn Saak van poging tot moord word ondersoek en die seun sal binnekort in die landdroshof in Sasolburg verskyn.
Dit is so hartseer dat die arme 15-jarige slagoffer nou as ‘n krimineel gemerk is. Hy’s immers die een wat geboelie is en uit pure desperaatheid ‘n onwettig daad gepleeg het sodat die boelies kan ophou. Ek is net dankbaar niemand is dood nie. Wonder of daar teen boelies opgetree gaan word…
Ek glo nie die onderwyser het hom geboelie nie! Bring strenger dissipline en lyfstraf terug in die skole. Die arme bloedjies maak nes hulle wil want hulle is mos onaantasbaar!
arikel sê dat hy die wapen skool te geneem het omdat hy geboelie is, en dat per ongeluk gewond is toe die geweer afgegaan het terwyl dit op die grond gelê het. Ek het ook nie gesê dat die onderwyser hom geboelie het nie. Selfs met beste dissipline in skool, word kinders geboelie. En daar word nie veel aan die boelies gedoen nie.
Ironies hoeveel kinders daagliks “wettig” deur medici “aangerand” word deur inspuitings, inentings, tandstopsels, mediese prosedures ens., om die kinders se beswil natuurlik, maar dat ‘n paar goeie houe lyfstraf, ook om die kind se beswil, onwettige aanranding is en hul menseregte aantas.
99% van skooldissiplineprobleme sal verdwyn wanneer lyfstraf teruggebring word.