Slagoffers van Centurion-skietery se name bekend

Polisie en paramedici op die toneel. Foto: www.looklocal.co.za

ʼn Ontspoorde eiendomstransaksie was blykbaar die rede vir Woensdag se tragedie by ʼn prokureursfirma in Centurion waar ʼn man drie mense doodgeskiet voor hy selfmoord gepleeg het.

Beeld berig dat Martin van Deventer glo vir Johan Griessel (50), Pieter Erasmus (53) en Wimpie van Heerden (56) een vir een in die kop geskiet het en daarna sy pistool op homself gekeer en hom in die kop geskiet het. Griessel, Erasmus en Van Heerden is direkteurs van die Mayborn-ontwikkelingsmaatskappy en het glo Van Deventer se plaas gekoop. Hulle het glo gister met Van Deventer vergader by die Du Randt en Richards prokureursfirma in Zwartkop oor uitstaande betalings rakende die kooptransaksie. Hulle het glo aan hom gesê dat hul nie in die stadium die res van geld aan hom kan betaal nie waarna hy glo op hulle losgebrand het. Die drie se regsverteenwoordiger, Louis de Randt, sowel as Van Deventer se regsverteenwoordiger is nie geskiet nie. Griessel, Erasmus en Van Deventer is op die toneel dood verklaar terwyl Van Heerden kort na sy aankoms by die hospitaal dood is.

Lees meer hier.

Johan Griessel. Foto: Facebook

Pieter Erasmus. Foto: Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.